Witboy in Berlyn
10,99 €*
Nach dem Kauf zum Download bereit Ein Downloadlink ist wenige Minuten nach dem Kauf im eigenen Benutzerprofil verfügbar.
ISBN/EAN:
9781868427598
'Die honde en kinders verstaan Duits, maar ek nie.' Toe sy vrou werk kry in Duitsland, besluit Deon Maas in 'n oogwink om Berlyn toe te trek. In hierdie intellektueel stimulerende, dekadente stad voel hy hom op sekere maniere dadelik tuis - op ander nie. In die reis wat alle immigrante meemaak, ontdek hy meer oor homself en sy wortels terwyl hy sy voete in sy nuwe omgewing vind. Hy verwonder hom aan tipies Duitse gewoontes soos dat alle oorsese televisieprogramme (swak) oorgeklank word en dat die Duitsers hul sin vir ordelikheid op alles en almal afdwing. Op sy avonture ontmoet hy veganistiese anargiste, sokkerboewe, 'n lid van 'n satiriese Duitse politieke party en neem hy selfs aan 'n protesoptog deel. Maas ontdek dat alles nie perfek werk in die Eerste Wêreld nie. Mense daar sukkel om probleme op te los oor alles so streng gereguleer is en hulle weet nie eintlik hoe om die uit-dagings te hanteer wat toenemende immigrasie veroorsaak nie. Hy probeer ook antwoorde vind op vrae oor verlies, oor identiteit en hoe om as 'n wit immigrant uit Afrika in Europa in te pas. Maas besef al is hy op papier dalk iets van 'n Duitser danksy sy Duitse stamouers, is hy eintlik iemand heeltemal anders. Iemand wat in wese van Afrika is.
DEON MAAS is die mede-vervaardiger van die televisiereekse Jam Sandwich (SAUK), Fortuinsoekers (kykNet), The Gulder Ultimate Search, 'n Nigeriese werklikheidstelevisieprogram, en Zim-Zim (DSTV). Hy is ook die medevervaardiger van die dokumentêre films Who Killed Johannes Kerkorrel en Punk in Afrika. Maas, wat tevore in Johannesburg gewoon het, het 'n lojale leserskap opgebou met sy eerste twee boeke, Witboy in Afrika en Melk die Heilige Koeie. Hy is deesdae 'n hondeloper in Berlyn.
DEON MAAS is die mede-vervaardiger van die televisiereekse Jam Sandwich (SAUK), Fortuinsoekers (kykNet), The Gulder Ultimate Search, 'n Nigeriese werklikheidstelevisieprogram, en Zim-Zim (DSTV). Hy is ook die medevervaardiger van die dokumentêre films Who Killed Johannes Kerkorrel en Punk in Afrika. Maas, wat tevore in Johannesburg gewoon het, het 'n lojale leserskap opgebou met sy eerste twee boeke, Witboy in Afrika en Melk die Heilige Koeie. Hy is deesdae 'n hondeloper in Berlyn.
Autor: | Deon Maas |
---|---|
EAN: | 9781868427598 |
eBook Format: | ePUB |
Sprache: | metaCatalog.groups.language.options.afrikaans |
Produktart: | eBook |
Veröffentlichungsdatum: | 15.02.2019 |
Untertitel: | Avonture in die Eerste Wêreld |
Kategorie: | |
Schlagworte: | Afrika Berlyn Berlynse Muur Deon Maas Duits Duitse politiek Duitsland Eerste Wêreld Jonathan Ball Jonathan Ball Publishers Neukölln Oos-Duitsland Wes-Duitsland Witboy avonture burokrasie hip-hop honde immigrant musiek rassisme |
Anmelden
Möchten Sie lieber vor Ort einkaufen?
Haben Sie weiterführende Fragen zu diesem Buch oder anderen Produkten? Oder möchten Sie einfach doch lieber in der Buchhandlung stöbern? Wir sind gern persönlich für Sie da und beraten Sie auch telefonisch.
Bergische Buchhandlung R. Schmitz
Wetterauer Str. 6
42897 Remscheid-Lennep
Telefon: 02191/668255
Mo – Fr10:00 – 18:00 UhrSa09:00 – 13:00 Uhr